The Soaking Sloth
Creative Glycerine Based Soaps
Fizz balls
Sugar Scrubs
19/09/2026
Kersfees Badbolle!
Verskillende groottes binne-in die emmertjie.
Jy kan selfs jou eie kleure kies! 🌈
Bestellings kan solank geplaas word...
19/09/2026
"Jy het my kliënt gesteel"
Hoe kry mens dit reg? Ek het gaan kyk, hier is niemand vasgeketting in my huis nie (as hier was, sou ek hulle al lankal aan die werkgesteek het)
Nee, as jy jou kliënte verloor, is daar 3 vrae wat jy jouself moet vra:
1. Is daar iets fout met jou produk?
2. Hoe lyk jou pryse?
3. Hoe is jou kliëntediens?
Ek lok niemand met sweeties en vals beloftes nie. As ek nie kan doen waarvoor jy vra nie, sal ek tenminste vir jou 'n voorstel gee wat moontlik kan werk...
So, nee...ek het nie jou kliënt gesteel nie...hulle hou miskien net meer van my eerlikheid...en awesome, bekostigbare, produkte!
13/09/2026
Laaste week om bestellings te plaas voordat ek bietjie gaan rus...
12/09/2026
Ek het 10 Skillies gekry om in Badbolle wegtesteek...
06/09/2026
05/09/2026
Ek moes 'n paar goedjies bymekaar sit vir 'n Dogtertjie se verjaardag...
Sy kry 'n Seekat-waslappie (ek het dit self gevou)
Mermaid Sugarscrub
10 Mini Badbolle
1 Troll-bol
1 Kat-Seepie
02/09/2026
Sharing is caring 🫶🏻
30/08/2026
En dan ook 'n Sparkle Troll-boll vir 'n verjaardag hampertjie
30/08/2026
My naweek in fotos:
Badbolle gepak...dit klink nie so erg nie, maar dis in sakkies sit (dan probeer jy om nie die blommetjies aftekrap nie) dan moet dit geseël word...soms bars die sakkie dan moet jy van vooraf begin...
Ek moes 40 seepies maak vir 'n mamma vir Autism Awareness. Vir die wat nie weet nie, die logo is legkaartstukkies en daar is 4 kleure, blou, rooi, geel en groen.
So ek moes elkeen layer...
Baie trots om deel te wees van die projek!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Telephone
Website
Address
Thulamahashe
Opening Hours
| Monday | 09:00 - 17:00 |
| Tuesday | 09:00 - 17:00 |
| Wednesday | 09:00 - 17:00 |
| Thursday | 09:00 - 17:00 |
| Friday | 09:00 - 17:00 |
| Saturday | 09:00 - 12:00 |