Trim-Cut Unisex Hairdresser

Trim-Cut Unisex Hairdresser

Share

TRIM - CUT UNISEX HAIRDRESSER BESIGHEIDSPROFIEL & GESKIEDENIS: TRIM-CUT
1. Ons beleid is professionaliteit, kwaliteit en diens van uitstaande gehalte.

Die welbekende haarkapper het sy deure amptelik ge-open vir die publiek in Junie 1990.
2. Ons eerste besigheidsperseel was by die Millicanté Nagklub in Dellville Park, nou beter bekend as Eagles Nest Ministry.
3. Die reaksie van die publiek was skepties, nogtans oorweldigend, aangesien Pacaltsdorp op daardie stadium nie ‘n publieke haarkapper gehad het nie.
4. Die speifieke behoefte was ge-identifiseer met die groei in die gemeenskap en nadat baie haarkappers wat die diens tuis bedryf het, nie langer met die toename kon “cope” nie.
5. Die haarsny behoefte onder die publiek in die negentiger jare, na ‘n baie populêre “Afro Era” in die 70’s en 80’s het aansienlik toegeneem en heelwat druk begin plaas op haarkappers wat die diens tuis bedryf het, veral op hul persoonlike lewens en operasionele tye.
6. Haarkappers tuis kon nie langer die behoefte onder die publiek ignoreer nie, veral toe skole die lengte van seuns se hare begin reguleer het en dit streng as dissiplinere kode gedurende die middel 90’s begin toepas het.
7. Hierdie besigheids geleentheid was ten volle aangegryp deur Trim-Cut en ons het onmiddelik ons deure vir die publiek ge-open.
8. Die naam Trim-Cut is ‘n eenvoudige samestelling van die diens wat ons lewer, Trim en Cut.
9. Nadat die Millicanté Nagklub en besigheidskompleks hul deure gesluit het, het Trim-Cut verskuif na 25B Kerkstraat, Pacaltsdorp, en is tans geleë direk oorkant die Ou Klipkerk.
10. Hierdie strategiese skuif en ligging was uiteraard absolute passiewe bemarking vir die besigheid en dit het soveel publieke reaksie ontlok, veral met die ryk kultuurhistoriese geskiedenis agter die gebou waaruit ons tans die haarkapper bedryf, asook die feit dat dit ‘n gunsteling verbyloop roete is vir kerkgangers, skoliere en die publiek.
11. Gedurende die sestiger jare was die gebou aangewend as ‘n Dag-Kliniek en later as slaghuis en winkel. In die sewintiger jare was die eerste publieke haarkapper bedryf hier gevestig en dit was bedryf deur ene Mnr Desmond Cook. Op daardie stadium was die tradisionele nie-elektriese knippers gebruik en daar is baie ryk geskiedkundige stories agter hierdie spesifieke haarsny apparaat.
12. Tydens die “Afro Era”, was die deure van die haarkapper egter gesluit en die gebou was sodoende ontruim.
13. Gedurende 1997 is die ou historiese gebou met sy klei-mure herstel en opgradeer en Trim-Cut het sy haarsny aktiwiteite vanuit hierdie klei gebou begin bedryf.
14. Tans het ons ‘n ryk kliënte getal van net meer as 3500 mense en word selfs ondesteun deur persone sovêr as Kaapstad, Port Elizabeth, Durban en Johannesburg. Daar is tans kliënte wat op ‘n maandelikse basis vanuit Mosselbaai en Knysna ry om hul hare by ons te kom sny.
15. Ons kan ook met trots noem dat ons heelwat persone sedert ons begin, opgelei en bemag het. Hierdie persone bedryf tans hul eie haarkappers in Pacaltsdorp en George met besonderse sukses.
16. Trim-Cut het ook ‘n baie unieke verhouding met elkeen van sy kliënte wat verder as die haarsny displine strek, aangesien ons dikwels tydens interaksie met ons kliënte betrek word by gesprekke rakende hul beroep, sportkodes wat hul beoefen, kultuur, musiek, geloof en hul persoonlike aspirasies.
17. Hierdie blootstelling wat die bedryf ons bied is van onskatbare waarde en ons is als te danke aan God, getroue ondersteuners en die gemeenskap.

05/01/2026

ONS IS OOP VIR JOU NUWE JAAR HAIRCUT

24/12/2025

Ons is steeds oop vir jou ''Christmas Cut''

31/05/2025

We are open from 8h00 - 15h00 today!

16/05/2025

Ons benodig steeds ervare haarkapper. Kontak 0731677005 via whatsapp vir meer inligting.

02/05/2025

FULL TIME BARBER URGENTLY NEEDED. CONTACT WHATSAPP: 0731677005

01/05/2025

WE ARE OPEN TODAY FROM 8AM - 1PM!

30/04/2025

NEW BUSINESS HOURS
MON - FRI: 5PM - 7PM
SAT: 8AM - 3PM
(UNTIL WE GET A FULL TIME BARBER AGAIN)

26/04/2025

OOP VANDAG VANAF 8H00-15H00

12/04/2025

OPEN FROM 8H00 - 15H00 TODAY

10/04/2025

HAARKAPPER BENODIG. KONTAK 0731677005

Want your business to be the top-listed Hair Salon in George?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address


C/o Church And Poplar, Pacaltsdorp
George
6530

Opening Hours

Monday 10:00 - 19:00
Tuesday 10:00 - 19:00
Wednesday 10:00 - 19:00
Thursday 10:00 - 19:00
Friday 10:00 - 19:00
Saturday 08:00 - 15:00