Mathilde doen grimering (.....en soms hare) Wanneer ek na kliente toe gaan, stap ek vir ‘n rukkie in hulle huise/wêreld/hulle “safe space” in. Ek leer hulle ken.
My page is baie stil, maar regtig vir geen ander rede as dat my ervaring met grimering en kliente so persoonlik is, dat ek soms vergeet dat dit ‘n visuele industrie is en mense wil SIEN wat ek doen. Hulle laat my toe om ‘n stukkie daarvan met hulle te deel. Omdat dit vir my gaan oor ‘n persoonlike konneksie en diens, is die laaste ding waaraan ek gewoonlik d**k, om my foon uit te ruk en foto’s te
neem. Grimering en kliente gaan nie vir my oor die mooi foto’s wat ek kan kry of bemarking nie (nie ‘n baie goeie besigheidsvrou nie, I know). Dit gaan vir my oor hulle en wat ek vir hulle kan wees in daardie uur of twee wat ek met hulle spandeer. Elke liewe keer is vir my spesiaal en ek dra ‘n stukkie van hulle saam sonder dat ek foto’s nodig het om elkeen te onthou. Ek kies meeste van die tyd om nie foto’s te neem nie omdat ek in HULLE veilige spasie beweeg. Meeste mense hou nie van ‘n kamera in hulle gesig nie en voel ongemaklik oor hoe om te “pose” of wonder of hulle glimlag gaan reg lyk op die foto. Die beste vorm van bemarking is gewoonlik ‘n “before” en “after” foto. Weereens kies ek om dit nie met my klliente te doen nie, want amper alle vroue voel selfbewus sonder grimering, nog minder wil hulle dit op kamera vasgelê hê en op ‘n publieke blad geadverteer hê. Baie vroue sal “ja” sê as jy hulle vra vir ‘n “before” foto, maar bloot omdat hulle te sleg voel om “nee” te sê. Daarom kies ek om eerder my kliente veilig en op hulle gemak te laat voel. Nie alle fotograwe doen “close ups” van die grimering nie en ek verkies om nie na die tyd my bruide te pla vir foto’s nie. Soms kry ek en soms kry ek nie….en dit is okay, want dit het nooit vir my in die eerste plek gegaan oor die advertensie daarvan nie. Deur “word of mouth” het ek al die wonderlikste mense ontmoet en saam met baie spesiale gesinne gejourney deur al hulle verskillende fases. Van familie shoots na skooldanse na matriekafskeid. En van troues na “maternity shoots” na “newborn shoots”. Ek hoop om ook die voorreg te hê om deel te wees van JOU journey.