WolK
Pierre Eco Health depot Oudtshoorn
Annique & Avon rep in Ousthoorn area
Dna Biopharm Sa seller. Justine, ja ,sys ook in die pakkie .
28/09/2026
Hier is nog 'n skrywe oor lewergesondheid deur Pierre .
Toe ek die gisteraand klaar geskryf het, het ek dit na 'n paar bekende vriende en vriendinne uitgestuur vir 'n opinie.
Wat my met 'n veertjie se omtik verras het, is dat byna elke vrou vir my teruggeskryf het, dat ek vir hul goed nou sê wat hul nie as vroue geweet het nie.
Hier mag van julle ook wees wat hierdie nie geweet het nie! Ek hoor graag van julle. Dit is egter op grond van hierdie inligting waarop Ecohealth se lewer- en nierprodukte (Renel) se ontwikkeling gegrond is.
Die lewer:
Die verskille in manlike en vroulike se lewerfunksies.
Die lewerfunksies tussen die manlike en vroulike lewer is biologies, dieselfde, maar die geslag speel ‘n veranderlike rol.
Manlike en vroulike se lewer, alhoewel dieselfde aard en funksies, is egter nie “geslagsneutraal” nie. Daar is verskillende rolle en spesifieke funksies wat elke geslag se lewer moet uitvoer.
Die lewer se ongeveer 500 biologiese funksies word weens geslagsverskille verskillend beïnvloed en lewer verskillende uitkomste.
Daar is geen definitiewe patroon tussen die geslagte nie.
Daar is ook nie vaste reëls vir elke individu se lewerfunksies nie.
Wat die funksies en uitkomste en werkinge van die lewer tussen die geslagte verskillend maak, is geslagshormone, chromosome, vetverspreiding, metabolisme en die persone se unieke immuunstelsel.
• Hierdie biologiese verskille bepaal op ‘n individuele manier die tempo waarteen vet verbrand en ook in die liggaam as energie aangewend word.
• Ook hoe vinnig vet in die liggaam versamel, die tempo waarteen vervetting van die lewer en insulienweerstandigheid, en ook inflammasie en littekenweefsel in die lewer vorm.
• Die individu se lewer bepaal ook hoe suksesvol/onsuksesvol die liggaam alkohol, medisyne, skadelike patogene en gifstowwe asook parasiete en alles wat inflammasie en infeksies kan veroorsaak, tussen die verskillende geslagte, kan hanteer.
Enkele belangrike verskille.
1. Geslagshormone beïnvloed die lewer direk.
Estrogeen is ‘n vrou se skild en wapenrusting voordat menopouse by haar intree. Estrogeen help die vroulike geslag om:
• Om hul insuliensensitiwiteit te verhoog
• Om eerder vet verkieslik onder die vel en rondom die heupe te berg. By mans, omdat daar ’n tekort aan estrogeen is, sal vet eerder in hul buik versamel.
• Estrogeen beperk by vroue ook die versameling van vet
• Vertraag inflammatoriese seine in die lewer
• Vertraag ook die vorming van fibrose of littekenweefsel in die lewer.
Estrogeen by vroue verhoed dat hul vroeër in hul lewe metaboliese vetterige lewersiekte ontwikkel. So ook gevorderde fibrose en lewerkanker. Estrogeen is by vroue 'n metaboliese superheld en wapenskild vir natuurlike gesondheid.
Na menopouse egter, verminder estrogeen in die vroulike biologie drasties.
Wanneer estrogeen verminder, begin vet ook, soos by mans, in die buik versamel. Insulienweerstandigheid begin by vroue te ontwikkel soos wat estrogeen verminder, teenoor insuliensensitiwiteit toe hul genoegsaam estrogeen gehad het en, die risiko van ernstige fibrose van die lewer neem dan toe.
Dit is veilig om te aanvaar dat na menopouses, die verskille tussen mans en vroue rakende lewergesondheid minder of kleiner word.
Dit kan selfs kan omkeer en gevaarliker word.
Hier verloor die vrou haar belangrikste natuurlike verdediger. Die vroulike liggaam verander daarna wesenlik omdat haar liggaamsvet se versameling om die heupe, nou wegbeweeg na die maag toe, wat as visserale vet bekend staan.
Hierdie vetversameling in die buik, vervet nie net die lewer ernstig nie, dit vervet al die organe asook haar vrouedele en laat die lewer met ‘n oorvloed vetsure wat nie genoegsaam metaboliseer kan word nie.
Die PCOS-faktor. (Polycystic O***y Syndrome) of polisistiese-ovariumsindroom by vroue.
• Miljoene vroue word gehinder deur PCOS en het dit onder lede. Een van verskeie vrae wat ontstaan is: “Wat het geword van die estrogeen se sogenaamde “premenstruele beskerming?”
• Die tweede vraag wat bestudeer moet word, is: “Hoe lyk ‘n vrou se lewer wanneer sy PSOS onder lede het?
• Want die gesondheid van haar lewer sal verskeie potensiële oplossings en antwoorde bied.
Die antwoorde oor PCOS is egter nie ooglopend eenvoudig nie.
Literatuur in vele studies bewys dat PCOS is ‘n metaboliese gesondheidstoestand is met dieselfde kenmerke en simptome wat insulienweerstandigheid toon, met hoë vlakke van androgene, ‘n manlike hormoon soos testosteroon.
Hierdie twee rolspelers alleen veroorsaak ‘n perfekte storm in die lewer.
Bykomend tot hul ondersteuning, is die gebruik van vele moderne produkte wat in die mark aangebied word vir vroue se privaatversorging, produk vol mikroplastiek, sintetiese kleur- en reukmiddels en ontsmettingsmiddels, wat die natuurlike bakterie-balans versteur, die vaginale slymvliese se pH-balans verander en inflammasie aanwakker.
Bykomend, wat die onderskeie vorme van inflammasie voed en aanvuur, is die gebruik van suiker, verskillende vorme in stysel en oksalate, of plantgifstowwe wat in groente voorkom.
Die rol van wurmparasiete is pertinent waar dit op die ongesonde toestande parasiteer en voed, asook die vorming van gisse en swamme, soos kandida vererger die perfekte storm in die lewer.
Insulienweerstandigheid dwing die lewer om meer insulien te produseer.
Wat ‘n enorme probleem op sy eie is betreffende lewergesondheid by vroue.
• Insulien dwing die lewer om meer vet te stoor.
• Daarmee saam, is die oormatige voorkoms van androgene wat voorkom dat normale metabolisasie van lipiede in die lewer kan plaasvind.
• Vroue wat PCOS ondervind, moet nie vervette lewer as ‘n afsonderlike mediese toestand beskou nie.
• PCOS en vervette lewer reflekteer dieselfde metaboliese wanbalanse in die vroulike liggaam.
• PCOS is ook ‘n vorm insulienweerstandigheid wat net op ‘n ander plek in die vroulike liggaam manifesteer.
Die bestuur en hantering van insulienweerstandigheid is sentraal tot die probleem.
Insulienweerstandigheid moet aangespreek word met ‘n dieet wat produksie van insulien in die pankreas beperk tot die nodige om bloedsuikervlakke laag hou.
Ecohealth se Berberine kan saam met die Ecohealth “TO GO” lysie van produkte ernstig oorweeg word.
Insulienweerstandigheid is grootliks ‘n omkeerbare toestand wat verband hou met ’n ongesonde en onkundige leefstyl. Parasiete, en spesifiek lewerslak wat ook die pankreas kan besmet is ‘n belangrike rolspeler in tipe II diabetes mellitus.
Die invloed van testosteroon by mans maak lewergesondheid meer ingewikkeld.
• Lae testosteroonvlakke by mans veroorsaak dat die abdominale opbou van visserale vet, insulienweerstandigheid en ’n vetterige lewer ontwikkel.
• By vroue weer, wanneer daar abnormale androgeenvlakke by vroue voorkom, soos by die polisistiese-ovariumsindroom soos hierbo beskrywe, veroorsaak die hormoon metaboliese risiko’s by hul lewer.
• Wanneer abnormale androgeenvlakke by vroue voorkom, soos by die polisistiese-ovariumsindroom, veroorsaak die hormoon metaboliese risiko’s ongesonde lewertoestande in die vroulike biologie.
Vet, tussen die geslagte word verskillend oor die liggaam gedeponeer.
• Mans versamel in hul buik baie meer visserale vet, wat ook die kolon, lewer en al die organe in die buik verdring.
• Hierdie vet is metabolies aktief, wat beteken dit stel baie meer vetsure en inflammatoriese boodskappers vry deur die portaalaar direk in die lewer in beweeg.
• Vroue, voor menopouse, stoor dan meer vet onder die vel, om die heupe en om die dye.
• Hierdie vetversameling blyk volgens die literatuur, weens die estrogeen in hul liggame, baie minder skadelik vir hul lewers te wees.
Ná menopouse egter, skuif hul vetverspreiding oor na die buik, wat die risiko van, of “Metaboliese Disfunksie-Geassosieerde Steatotiese Lewersiekte”, of MASLD verhoog.
3. Alkohol het nie dieselfde biologiese effek tussen mans en vroue nie
By die inneem van dieselfde hoeveelheid alkohol as wat mans inneem, bereik vroue ’n baie hoër konsentrasie van bloedalkohol.
Omdat vroue gemiddeld:
• Minder liggaamswater huisves waarin alkohol kan verdun
• Die verhouding van vet tot maer spierweefsel verskil
• Omdat alkohol nie by vroue op dieselfde wyse in die maag en lewer metaboliseer nie.
Vroue kan daarom alkoholverwante hepatitis, fibrose en sirrose van die lewer, met baie minder en ook laer hoeveelhede alkohol oor kort tydperke ontwikkel.
Dit beteken nie dat mans teen die skadelike invloede van alkohol beskerm is nie.
In vele bevolkings drink mans meer tot hul eie nadeel. Daardeur dra mans ‘n baie groter risiko tot siektes as vroue.
4. Die immuunstelsel tussen mans en vroue reageer verskillend.
• Dit klink vreemd, maar vroue het gemiddeld ’n sterker en meer aktiewe immuunrespons teen lewerverwante siektes as mans.
• Vroue bied in baie gevalle meer weerstand teen verskillende infeksies. Dit as hul lewers gesond is.
• ‘n Ongesonde en onversorgde lewer kan egter verskeie dramatiese immuunresponse veroorsaak as hul liggame, weens die onvermoë om van metaboliese afval ontslae te raak.
• As die lewer by vroue nie instaat is om die liggaam genoegsaam te ontgif nie, nie suksesvol van hul eie metaboliese afval ontslae te raak nie, vergif dit die lewer.
• Dan ontwikkel by vroue baie makliker toestande soos outo-immuun verwante hepatitis en primêre biliêre cholangitis ontwikkel.
• By chroniese hepatitis B is daar by mans ‘n groter voorkoms van kroniese infeksie, fibrose, sirrose en hepatosellulêre karsinoom.
• Die biologiese reaksie van die lewer tussen mans en vroue hang af van die spesifieke meganisme van die toestand wat ontstaan en ontwikkel.
5. Geslagte se X- en Y-chromosome beïnvloed hul gene se aktiwiteite.
Die verskil tussen mans en vroue is nie slegs hormone nie.
• Die X- en Y-chromosome tussen mans en vroue bevat unieke gene wat die metabolisme, inflammasie en immuunfunksie tussen die geslagte definieer en beïnvloed.
• Vroue het twee X-chromosome. En sommige immuunverwante gene op die tweede X-chromosoom bly gedeeltelik aktief. Hierdie aktiwiteit veroorsaak ‘n baie sterker immuunrespons by sekere ongesonde toestande van die lewer.
• Mans het ‘n X- en ’n Y-chromosoom, wat op hul beurt eie en unieke patrone van geenuitdrukking in die lewerselle skep.
6. Medikasie en toksiese afvalstowwe word nie in die geslagte identies verwerk nie
Die geslagshormone en die unieke samestelling wat mans en vroue van mekaar onderskei, verander die aktiwiteite van die geslagte se lewerensieme en veroorsaak dat hul werkinge verskillend is en ook anders is.
Geslagsverskille bepaal;
• Hoe vinnig patogene, gifstowwe en metaboliese afval deur die lewer afbreek
• Hoe lank afvalprodukte in die bloed bly
• Hoe die afvalprodukte, as dit nie suksesvol afgebreek en uitgeskei word nie, in die vetlae en liggaamsvloeistowwe soos limf, versprei en ook deponeer word.
• Die vroulike biologie ontwikkel makliker newe-effekte van ‘n ongesonde leefstyl as hul manlike eweknie en ondervind ook makliker dat vervetting van hul lewer plaasvind.
In kort, vroue ontwikkel na menopouse baie makliker ongesonde lewertoestande weens ‘n onkundige en ongesonde leefstyl wat hul gloede gee, vinniger verouder en by elke aspek in hul biologie waarby die lewer betrokke is, op ‘n sneltrein van veroudering, vetsug, insulienweerstandigheid en verwante siektes kan plaas.
Liggaamsgewig is geensins ’n betroubare maatstaf om die lewer se vermoëns en die reaksie op metaboliese afval en die afbraak en verwerking daarvan te voorspel nie.
Om ‘n skadelike effek en moontlike skade van ‘n persoon genoegsaam te bepaal, moet daar ter wille van volledigheid na ‘n persoon se hormoonstatus, nierfunksies, ouderdom en die toksiese produk wat ter sprake is, gesamentlik gekyk word.
Daar kan vele ander rolspelers betrokke wees wat se rolle in berekening gebring moet word.
7. Reproduktiewe fases by vroue skep unieke risiko’s.
Swangerskap kan toestande veroorsaak wat nie by mans voorkom nie.
Dit is toestande soos intrahepatiese- cholestase van swangerskap, asook die voorkoms van akute vetterige lewer tydens.
Die postpartum tydperk kan ook sekere outo-immuun verwante lewersiektes laat ontstaan, terwyl menopouse die metaboliese risiko en die tempo van fibrose kan versnel.
Opsomming
Mans en vroue het nie “verskillende lewers” nie. Hulle lewers funksioneer net binne verskillende hormonale, genetiese, metaboliese en immunologiese omgewings.
Hierdie omgewing verduidelik:
• watter lewersiekte by wie en watter geslag meer waarskynlik is;
• op watter ouderdom dit potensieel kan ontwikkel
• die tempo waarteen dit kan ontwikkel
• watter moontlike komplikasies daar mag voorkom
• die respons op behandeling
• hoe die verskillende geslagte op verwydering van die oorsaak reageer.
Biologiese geslag is ‘n belangrike faktor, maar slegs een van vele rolspelers by 'n gesonde lewer
Ouderdom, menopouse, genetika, vetomtrek om ’n persoon se middel, insulienweerstandigheid, diabetes mellitus of diabetes tipe I, parasiete, met spesifieke klem op lewerslak, alkoholgebruik, die hoeveelheid medikasie wat kronies gebruik word, asook self-geïnduseerde kroniese inflammasie en infeksies weens leefstyl en moderne dieet, asook toegang tot sorg, kan ’n groot invloed hê op ’n persoon se lewergesondheid.
12/09/2026
Magnesium is a very important mineral your body needs every day. It’s involved in more than 300 chemical reactions in the body.
🧲 What magnesium does for you
* 💪 Muscles: helps muscles contract and relax properly and may help with cramps.
* ⚡ Nerves: helps your nerves communicate and supports a normal nervous system.
* ❤️ Heart: helps maintain a normal heartbeat.
* 🦴 Bones: works with calcium and vitamin D to maintain healthy bones.
* 🔋 Energy: helps your cells produce and use energy.
* 😴 Sleep & relaxation: magnesium is involved in processes that regulate nervous-system activity and sleep.
* 🍬 Blood sugar: contributes to normal glucose metabolism.
* 🧬 DNA and protein: needed for making proteins and maintaining DNA
This one from Pierre Eco Health contains
Magnesium Glycinate
And
Magnesium Citrate
06/09/2026
✨ Het jy geweet – Did you know ✨
deur Pierre van Niekerk © 2016

🐝 1. Bysteek / Bee Sting
AFR: Verwyder die angel as jy kan – skraap dit uit met jou nael, moenie druk nie want dit veroorsaak dat die ‘gifsakkie’ nog gif vrystel en die situasie vererger. ‘n By se angel is soos ‘n vishoek, dit skeur af van die lyf en die by sterf. ‘n Perdeby, aan die ander kant, het nie ‘n ‘hoek’ angel nie en kan dus meer as een keer steek.
ENG: Remove the stinger – try to scrape it away with a fingernail. Squeezing it with e.g. tweezers will sq**rt more of the venom out and make the situation even worse. A bee’s stinger is barbed, and will tear apart from the body, killing the bee. A wasp, on the other hand, doesn’t have a barbed stinger and can sting more than once.
🥚 2. Eierwit / Egg White
AFR: Eierwit bevat ‘n ensiem, avidien, wat absorpsie van die Vit B biotien verhinder as dit rou gegee word.
ENG: Egg white contains an enzyme, avidin, which prevents absorption of the Vit B biotin if given raw.
🍪 3. Koekies / Biscuits
AFR: Koekies wat na die bak tydperk in die warm oond teruggesit word op ‘n draadrak om uit te droog, dehidreer verder en verleng die rakleeftyd op tot 2 maande.
ENG: Biscuits placed back in a warm oven on a wire rack to dry out, is further dehydrated and lengthens the shelf life up to 2 months.
🥩 4. Rou Vleis / Raw Meat
AFR: Rou vleis, gevries vir ten minste 48 uur, skakel die risiko van skadelike bakterie uit.
ENG: Raw meat, frozen for at least 48 hours, eliminates the risk of harmful bacteria.
🍚 5. Rys / Rice
AFR: Rys kan vervang word met millet of quinoa maar dan raak dit so effe duur.
ENG: Rice can be replaced by millet or quinoa but then it can become very costly.
🍏 6. Skille / Peels
AFR: Skille bevat dubbel die voedingswaarde van die groente/vrugte self.
ENG: Peels contain double the nutrient value of the veggie/fruit itself.
🧂 7. Sout / Salt
AFR: Sout is nie gesond vir jou diere nie maar indien jy wel sout wil gebruik, ‘kosher’ of see sout is ‘n beter opsie. Indien jy tafelsout gebruik, moet die hoeveelheid halveer word.
ENG: Salt is not healthy for your animals but if you do use it, kosher or sea salt is a better option. If you use table salt, the quantity must be halved.
🍋 8. Suurlemoene / Lemons
AFR: Suurlemoene, met skil en al, deeglik gewas, gevries en gerasper is ‘n uitstekende geurmiddel wat verskeie kankers ook beveg.
ENG: Lemons, skin and all, thoroughly washed, frozen and grated is an excellent flavourant which fights various cancers.
06/09/2026
https://pierredieregesondheid.wordpress.com/2026/09/04/ouderdom-en-metaboliese-gesondheid/
Ouderdom en metaboliese gesondheid. Hoekom vra mense vrae op Ecohealth se blad? ‘n Mens wil aanvaar dit is omdat ons gesond en ook solank as wat ons leef, gesond wil leef en ook om ‘n hoë lewensgehalte te hê. Soek ons in Google…
06/09/2026
Blommetjie Mieks Proewe Pierre@Dieregesondheid Blommetjie Mieks Die produk is tans onder verdere toetsing by Toetslaboratoriums. Dit sal met die resultate aansoek doen vir bykomende registrasies in terme van Wet 36 van 19…
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the business
Website
Address
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when WolK posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.